VRYHEID KOFFIE KOMPANJIE
Matig tot sterk gerooster met ‘n sjokolade ondertoon. Vryheid Koffie smaak soos vroeë oggend dagbreek op die platteland net voor die son sy goue Rand oor die end van die vlakte laat loer. Dit is die smaak van growwe-hand, hard-werk wat selfs ʼn Pretorius frons onder sy vel-hoed laat ontspan. Vryheid is die smaak van ‘n Nasie wat opstaan.
Ons top gehalte produkte
LOER NA ONS PRODUKTE
Die Koffie wat ‘n nasie laat opstaan
Vryheid Koffie Maatskappy & Bone
Vryheid Koffie Kompanjie fokus absoluut op top gehalte produkte in elke stap van die proses. Vanaf verpakking, kwaliteit en smaak het ons net die beste bymekaar gevoeg. Geen kortpaaie is aanvaarbaar onder ons vaandel nie en elke klant kan met ‘n geruste hart weet dat hulle die beste ontvang teen die laagste moontlike prys.
Ons produk is eerste gemaak met die liefde van die saak ingedagte, daarom is winsmarges tot op die been gesny en help Vryheid Koffie Kompanjie in nood. Dit is vir ons belangrik om nie op die Afrikaner naam ‘n produk te ontwerp wat net op die naam en voorkoms fokus nie, maar ook werklik die prys werd te wees.
Explore Our Coffee Selections
Koffie vir myself
Arabica koffie met ‘n donkersjokolade aroma wat jou wakker en warm laat voel. Dit word matig gerooster en ons koffiebone word vars gemaal op bestelling.
Foelie aan die binnekant van verpakking hou koffie koel
Asemhalingskleppie voorkom dat koffie verslaan
Alle bestellings kwalifiseer tans vir 50% afslag op die afleweringsfooi
Gemaalde koffie en koffie bone
Grootmaat koffie
Arabica koffie met ‘n donkersjokolade aroma wat jou wakker en warm laat voel. Dit word matig gerooster en ons koffiebone word vars gemaal op bestelling.
Foelie aan die binnekant van verpakking hou koffie koel
Asemhalingskleppie voorkom dat koffie verslaan
Alle bestellings kwalifiseer tans vir 50% afslag op die afleweringsfooi
Gemaalde koffie en koffie bone
Ons mengsel van koffiebone is afkomstig uit sewe verskillende streke:
Marcala, Honduras
Kakao en mout aromas, note van groen drywe en gedroogte vrugte. Ligte suurheid en gematigde liggaamssmaak . Groei hoogte 1350 tot 1600 meter bo seespieël.
Yirgacheffe, Sentraal suid Etiopië
‘n Gebied in die wêreld wat slegs fokus op koffie. Groei hoogte 1800 tot 2200 meter bo seespieël.
Brasilië
Gekenmerk in ons smaak deur die room gevoel en soetheid op die tong wat dit bring. Groei hoogte 800 tot 1350 meter bo seespieël.
Guatemala
Toasty, maar helder nasmaak. Groei hoogte 1600 tot 1700 meter bo seevlak.
Sipi Falls, Uganda
Die boon vorm die basis van ons koffie. Die smaak is sterk en bitter en is verantwoordelik vir ons sterk smaak met vriendelike donker sjokolade nasmaak. Groei hoogte 1300 tot 2200 meter bo seevlak.
Tanzanië
Bevat die smaak van vars vrugte, veral die van sitrus. Met ondertone van gematigde suurheid. Groei hoogte 1400 tot 2000 meter bo seespieël.
Colombia
Smaak van vrugte en sitrus. Groei hoogte 1200 tot 2000 meter bo seevlak.
WAT KOPERS SÊ
★★★★★
“I will highly recommend this Koffie. I have had coffee across the world , this is definitely a Coffee that is full body , has a great aroma and definitely brings back memories. a coffee that ticks all those boxes is worthy of being on my shelf. I will be ordering again”
Johan Botha
★★★★★
“Byver die beste koffie in die land! Ek sal nie weer ‘n dag kan begin sonder ‘n koppie vloeibare vryheid nie. Die diens is ook besonders goed en vinnig gewees. Baie dankie!”
★★★★★
“Beste koffie wat ek nog geproe het! Uitstekende kwaliteit, en maak die ateljee heeldag lekker ruik 10/10”
★★★★★
“Beste Koffie met beste Diens. Sal verseker Vryheid Koffie aanbefeel. Baie dankie vir ‘n puik produk.”
★★★★★
“Ek moet sê Wow! Dit is nou fantastiese diens!! Aflewering binne een dag, dankie.”
Ondek die ryk smaak van Vryheid Koffie
Arabica koffie met ‘n donkersjokolade aroma wat jou wakker en warm laat voel. Dit word matig gerooster en ons koffiebone word vars gemaal op bestelling.

